KONSEP
DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN TOERISMETAK MARIENE-EN KUSBESTUUR
TREILVANGSVISSERY: 2005
INHOUDSOPGAWE
Inleiding... 3
Sektorale profiel ... 4
Medium-termyn regtetoekenning... 6
Oorkoepelende sektorale doelwitte ... 6
Tydsduur... 7
Nuwe inkomelinge... 8
Evalueringskriteria... 8
Uitsluitingskriteria... 8
Vergelykende balanseringskriteria... 9
Transformasie: ... 9
Belegging in die visvangbedryf...10
Werksgeleenthede ...10
Prestasie ...11
Betaling van visvangheffings...11
Byvangste...11
Kwantumkriteria...12
Geskikte vaartuie...12
Multi-sektorale betrokkenheid ...12
Landingsplekke...13
Aansoekgelde en heffings...13
Ekosisteembenadering tot bestuur van vissery...13
Byvangste...14
Vaartuie ...14
Nasionaliteit van die vangs ...14
Die beginsel van voorkoming en volhoubaarheid ...15
Meet van prestasie...15
Waarnemersprogram ...16
Permitvoorwaardes...16
Inleiding
Dié beleid vir die toekenning en bestuur van kommersiële visvangregte in die Kwazulu-Natal garnaal-treilvangsvissery hierna ook verwys na as die "KZN garnaal-treilvissery" word uitgereik deur die Departement van Omgewingsake en Toerisme: Tak Mariene-en Kusbestuur "die Departement" vir openbare kommentaar. Hierdie konsepbeleid moet saamgelees word met die Konsep van die Algemene Beleid oor die Toekenning en Bestuur van Langtermyn Kommersiële Visvangregte: 2005 "die Algemene Visvangbeleid". Belanghebbende en geaffekteerde partye mag skriftelik kommentaar lewer by die Departement teen 4 April 2005. Kommentaar wat na hierdie datum ingelewer word sal nie in aanmerking kom nie. Kommentaar moet as volg ingedien word:
Die doel van hierdie beleid is om die oorwegings van toepassing op die toekenning van langtermyn kommersiële visvangregte vir die KZN garnaaltreilvissery uiteen te sit. Min van hierdie oorwegings is nuut. Hulle is in die verlede toegepas deur die Departement. Hierdie beleid weerspieel sodanige oorwegings, maar sluit ook 'n paar veranderinge en byvoegings in.
Sekere voorgenome bestuursbeleidrigtings in verband met die toekenning van regte verskyn ook in hierdie konsepbeleid. 'n Bestuurshandleiding vir die KZN garnaal treilvissery sal in die loop van 2006 gefinaliseer word. Hierdie handleiding sal in fyn besonderhede die bestuursmetodologie en prosedures uiteensit vir die bedryf.
Die Minister van Omgewingsake en Toerisme is van voorneme om die 'artikel 18 magte' om kommersiële KZN garnaal treilvisseryregte te delegeer, in terme van artikel 79 van die Wet op
Marienelewe en Hulpbronne ("die WLMH"), aan 'n senior beampte van die Departement te delegeer.
Wit garnale (Penaeus indicus), bruin garnale (Metapenaeus monoceros) en tiergarnale (Penaeus monodon) word op die bodem van die vlak modderbanke langs die noordelike-ooskus gevind. Bamboe garnale (Penaeus japonicus) word ook per geleentheid op die St Lucia-gronde gevind. Hierdie garnale groei vinnig en het 'n lewensduur van ongeveer een jaar. Eiers word op die abdomen van die vroulike garnale gedra. Larwes broei gedurende die tweede helfte van die jaar uit, en word deur die seestrome na die estuaria langs die KZN-kus binnegedra, waar hulle bly tot die eerste kwartier van die volgende jaar en groei tot jongelinge. Jong garnale beweeg uit die estuaria tot op die modderbanke, waar hulle tot volwassenheid groei, voortplant en sodoende hul lewensiklus voltooi.
Sektorale profiel
Die KZN garnaal treilvissery is gebaseer in Kwazulu-Natal (KZN) en bestaan uit twee komponente: 'n aanlandige vissery (5 tot 40m diep) op die Tugela-oewer en by St Lucia in 'n gebied wat ongeveer 400 vierkante kilometer beslaan; en 'n aflandige vissery (100 to 600m diep) wat van Cape Vidal in die noorde tot Amanzimtoti in die suide strek en 'n gebied van ongeveer 1 000 vierkante kilometer langs die rand van die vastelandsplat beslaan.
Tot die 1960's was treilvisvangery sporadies, maar daarna het die sektor ontwikkel tot soveel as 12 maatskappye en 21 vaartuie, waarvan talle ook in Mozambiek visvang. Gereelde statistiek is sedert 1988 ingesamel.
Vangste en vangskoerse van individuele spesies wissel geweldig, soms as gevolg van visvangstrategie (die teiken van bepaalde spesies) eerder as wisselings in die beskikbaarheid van 'n spesie. Die beskikbaarheid van vlakwater garnale hang af van reënvalpatrone en die uitwerking daarvan op die deurspoeling van die estuaria waar larwes en jong garnale ontwikkel. In die algemeen was daar in die afgelope twee dekades 'n afname in die vangs van wit garnale, pienk garnale, langoustines, kreef and rooikrap.
Die vissery word bestuur deur gebruik te maak van 'n strategie van Totale Ontplooide Vangspoging ("TOV") wat die aantal vaartuie beperk wat toegelaat word om in die aanlandige en aflandige gebiede vis te vang. 'n TOV van agt visvangpermitte is oor die afgelope dekade gehandhaaf.
Die sektor is kapitaal-intensief en die infrastruktuur, bemarking en produkverspreiding word gedomineer deur gevestigde maatskappye. Die vissery verg gespesialiseerde vaartuie en toerusting en is slegs geskik vir kommersiële visvangs. Visgronde is op die Suid-Afrikaanse vastelandsplat en geen buitelandse visvangvaartuie word toegelaat nie. Vaartuie is groot staal treilers van 24 tot 40 meter in lengte, met 500 - 1 000 perdekrag enjins. Treilernetgroottes wissel tussen 25 tot 60 meter voettoulengtes, met 'n gestrekte oog wat afdun van 70 milimeters in die vlerk tot 38 milimeters in die sak-end. Treilvissery vind plaas op 'n 24-uur-basis, teen 'n spoed van tussen twee tot drie knope en 'n gemiddelde drag/sleepduur van vier uur. Treilers word beman met ongeveer 15 bemanningslede en bly ter see vir twee tot drie weke op 'n slag.
Vangste (gemeet aan gewig) van die KZN-treilvisserye bestaan uit sowat 20 persent teikenspesies, 10 persent gehoude byvangste en 70 persent verwerpte byvangste. Die byvangste wat behou word is sefalopode (seekat, pylinkvis en inkvis), weekdiere, en wesentlike hoeveelhede van verskeie ander visspesies. Die verwerpte byvangste (jong of klein vis, lae-waarde skaaldiere, elasmotakke en weekdiere) beloop ongeveer 1 000 tot 2 000 ton per annum.
Aanlandige treilvissery is seisoengebonde, met goeie vangste tussen Januarie en Maart langs St Lucia, en van Maart tot September op die Tugela-oewer. Aflandige treilvissery vind regdeur die jaar plaas. Die grens tussen die aan-en aflandige visserye is sewe see-myl vanaf die kus, tussen die St Lucia vuurtoring en Zinkwazi.
Vangste word ter see volgens grootte gesorteer, gegradeer, verpak en lugsak bevries. Min waarde word op land toegevoeg. Beskeie kus-gebaseerde infrastruktuur, insluitende ankerplek, herverpakking, berging en bemarkingsgeriewe is in Durban geleë. Bevrore produkte word op plaaslike markte verkoop. Die ontskeepte vangste in die KZN garnaal vissery beloop omtrent R21 miljoen per jaar.
Medium-termyn regtetoekenning
Visvangregte is in 2001 vir 'n medium-termyn tydperk van vier jaar toegeken. Regte word deur vyf visvangmaatskappye (met 'n totaal van agt vaartuie), waarvan drie (met vyf vaartuie) geregtig is om beide in die aanlandige sowel as die aflandige visserye vis te vang, en die ander twee regtehouers (met drie vaartuie) tot aflandige vissery beperk word.
Die Departement se toekenningsrekords toon dat:
n beraamde 22 persent van die deelnemers deur swart persone besit word;
persent onder swart bestuur is; en die sektor aan ongeveer 150 mense werk verskaf, waarvan 88 persent swart is.
Oorkoepelende sektorale doelwitte
Die oorkoepelende sektorale doelwitte van die toekenning van langtermynvisvangregte in hierdie vissery is om:
die transformasieprofiel van die KZN garnaalvissery wesenlik te verbeter; Transformasie sal 'n belangrike oorweging wees by die toekenning van langtermyn-visvangregte. Nog 'n doelwit sal wees om te verseker dat die profiel van die vissery die demografiese profiel van die land meer breedvoerig weerspieel. Alhoewel dit waarskynlik is dat die huidige aantal vaartuie in die vissery (agt) behou sal word, sal die noodsaaklikheid van transformasie beteken dat die regte nie noodwendig aan bestaande regtehouers toegeken word nie. Nuwe inkomelinge wat transformeer het, mag bo bestaande deelnemers verkies word.
n belegging-en werkskeppingsvriendelike omgewing te skep;
die ekonomiese lewensvatbaarheid en ekonomiese volhoubaarheid van die vissery te ondersteun;
die omgewingsvolhoubaarheid van die vissery te ondersteun;
die omgewingsvolhoubaarheid van die vissery te verseker;
te verseker dat stappe geneem word om vermybare byvangs te verminder, veral vangste van lynvisspesies wat gelys is as verbode en ontspanning spesies; en te verseker dat, waar moontlik, byvangste aan land gebring word, sodat hulpbronne nie vermors word nie.
Die hoeveelheid byvangste en die uitwerking wat garnaal treilvissery op die bentiese habitat het, bly 'n bron van groot kommer en die Departement sal aansoekers in die vissery beloon wat kan aantoon watter maatreëls hulle in werking kan stel om byvangste te vermy. Die Departement sal toenemend vereis dat byvangste aan land gebring word, hulpbronne nie vermors word nie en dat regtehouers markte vir die byvangste soek. Waar die byvangste egter spesies insluit wat as verbode of vir ontspanning gelys is, sal die verkoop daarvan nie toegelaat word nie.
Tydsduur
Met inagneming van-
die transformasieprofiel van die vissery;
die kapitaal-intensiteit van die vissery; en
die behoefte om ekonomiese stabiliteit in stand te hou en mededingingheid van die vissery te verhoog;
beoog die Departement om kommersiële visvangregte toe te ken vir 'n tydperk van agt jaar (1 Januarie 2006 to 31 Desember 2013), onderhewig aan 'n oorsig op gereelde tussenposes teen vasgestelde prestasiekriteria, met inbegrip van die bereiking van transformasiedoelwitte (sien paragraaf 14 hier onder).
Nuwe inkomelinge
Nuwe inkomelinge sal oorweeg word en mag bo bestaande regtehouers verkies word, veral indien hulle insluiting transformasie van die KZN garnaal visserye sal aanhelp.
Evalueringskriteria
Aansoeke sal gesif word aan die hand van 'n stel "uitsluitingskriteria". Aansoeke van nuwe deelnemers en bestaande regtehouers sal daarna afsonderlik oorweeg word in terme van 'n stel gelaaide "vergelykende balanseringskriteria ". 'n Afsnypunt in terme van punte toekenning sal dan bepaal wie die suksesvolle aansoekers is.
Uitsluitingskriteria
Aanvullend tot die uitsluitingskriteria wat genoem word in die Algemene Beleid op
Visserye met betrekking tot onbehoorlike indiening en wesentlike tekortkominge, sal die Departement aansoeke uitsluit wat nie aan die volgende vereistes voldoen nie:
Vorm van die aansoeker: Aansoeke sal slegs oorweeg word van entiteite wat ingelyf is in terme van die Wet op Beslote Korporasies, 69 van 1984 en die Maatskappyewet, 61 van 1973. Aansoeke van natuurlike persone (d.w.s indiwidue of eenmansake) en trusts sal nie oorweeg word nie. Regtehouers wat bestaan in die vorm van trusts sal hulle self moet inlyf as 'n maatskappy of 'n beslote korporasie.
Wetsnakoming: Aansoekers sal nie kwalifiseer vir die toekenning van KZN garnaal regte, insluitende direkteure of beherende aandeelhouers, wat skuldig bevind is aan 'n oortreding in terme van die WLMH (en gevonnis tot tronkstraf sonder die opsie van 'n boete). Aansoekers, insluitende die direkteure of beherende aandeelhouers, wie se visvangregte al gekanselleer of herroep was in terme van die WLMH, sal ook nie KZN garnaal regte oesregte ontvang nie. Ander nie-nakomings van die WLMH sal 'n nadelige invloed hê op die oorweging van die aansoek, soos hieronder uiteengesit sal word.
Die Departement verwag dat elke regtehouer 'n heffing betaal op die teikenspesies van visvangste. 'n Aantal regtehouers het óf nog nie heffings betaal nie óf nie die hoeveelheid van die vangste korrek gerapporteer nie, om daardeur onder andere die betaling van die heffings te vermy. Laasgenoemde sal uitgesluit word. Eersgenoemde sal gepenaliseer word in die vergelykende balanseringsproses soos hier onder uiteengesit. Sou sodanige aansoeker egter nietemin vir 'n reg kwalifiseer, sal 'n visvangpermit nie uitgereik word nie alvorens die uitstaande heffings (plus rente) by die Departement betaal is nie.
Papierkwota's: Papierkwota's soos uiteengesit in die Algemene Beleid, sal uitgesluit word.
Toegang tot geskikte vaartuig: Aansoekers sal moet aantoon dat hulle 'n reg van toegang tot 'n geskikte vaartuig beding het (sien verder paragraaf 9 hier onder).
Vergelykende balanseringskriteria
Aansoekers wat regte hou, asook potensiële nuwe inkomelinge, sal geëvalueer word ingevolge die volgende balanseringskriteria, wat gelaai sal word ten einde die sterkte van elke aansoek te bepaal.
a Transformasie:
Soos deur die Algemene Visvangbedryfbeleid vasgestel, sal die aansoekers gëevalueer word volgens -
Die persentasie swart persone en vroue wat op eienaarsvlakke en uitvoerende bestuursvlakke betrokke is;
Of werknemers aandeelhouers van die aansoeker is en die voordele wat hulle hieruit kry;
Regstellende aankope;
Die aantal swart persone en vroue op die verskillende vlakke onder die uitvoerende bestuursvlak;
Nakoming aan die Wet op Diensbillikheid, Wet 55 van 1988; en
Korporatiewe sosiale belegging.
b Belegging in die vissery
Met betrekking tot aansoekers wat reeds regte het, sal die Departement die volgende spesifiek in aanmerking neem:
Beleggings in geskikte vaartuie vir die oes van KZN garnale. In hierdie verband sal beleggings in die vorm van aandeelhouding in aanmerking geneem word;
Beleggings in prosesserings-en bemarkingsinfrastruktuur.
Betreffende nuwe aansoekers, sal die Departement oorweging gee aan beleggings gemaak in die vorm van vaartuie, prosesserings-en bemarkingsinfrastruktuur. Verder sal nuwe aansoekers moet aantoon dat hulle die kennis, vaardigheid en vermoë het om aan die KZN garnaal treilvissery te kan deelneem.
c Werksgeleenthede
Die Departement sal daardie aansoekers beloon wat werknemers voorsien van die volgende -
Voltydse indiensneming;
Mediese-en pensioenvoordele;
Enige ander diensvoordele; en
Veilige werksomstandighede.
Die Departement sal ook die loonverskille tussen die hoogste en laagste besoldigde werknemers in aanmerking neem.
d Prestasie
Finansiële prestasie sal gemeet word soos in die Algemene Visvangbedryfbeleid aangedui. Verder, sal die Departement die aansoeker se visvangprestasie in ag neem, veral met betrekking tot die aantal dae wat in Suid-Afrikaanse gebiedswaters visgevang word teenoor die hoeveelheid dae wat daar in Tanzanië of Mosambiek visgevang word.
e Betaling van visvangheffings
Regtehouers sal gepenaliseer word as hul heffings vir 'n tydperk van langer as 60 dae agterstallig is.
Aansoekers wat versuim om te voldoen aan hulle verpligtings ingevolge die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 97 van 1998 en die Wet op Heffing van Vaardigheidsontwikkeling, 9 van 1999, en diegene wat geringe oortredings van die WLMH begaan het (d w s oortredings wat nie hulle uitsluiting regverdig nie) sal gepenaliseer word.
g Byvangste
Die Departement sal daarna streef om regtehouers aansoekers te beloon wat belê het in en maatreëls inwerkinggestel het om die hoeveelheid byvangste te verminder. Die Departement sal ook positiewe punte toeken aan aansoekers wat markte gevind het vir byvangstespesies (behalwe lynvisspesies wat vir ontspanning of as verbode gelys is).
Kwantumkriteria
Die TOV is verdeel tussen bedieningsgebiede vir aanlandig-en aflandige visserygebiede. Aansoekers sal toegelaat word om vir beide aanlandige en aflandigevisvangregte op dieselfde vaartuig of op twee verskillende vaartuie aansoek te doen. Daar moet gelet word dat aflandige vaartuie nie toegelaat sal word om aanlandig vis te vang nie. Aanlandige vaartuie word toegelaat om aflandige vis te vang.
Geskikte vaartuie
Die KZN garnaal treilvissery is 'n gespesialiseerde vissery en aansoekers moet toegang het tot groot seevaardige visvangvaartuie wat ingerig is om vir garnale te treil. Visvang moet geskied deur bodemtreil met 'n agterstewe-enkelnet, of slagboom-werking dubbel of driedubbele nette. Treilnette moet 'n maksimum voettoulengte van 60 meter met 'n gestrekte maas wat afdun van 70 millimeters in die vlerk tot 50 millimeter in die sak-end. Vaartuie moet toegerus wees met werkende vaartuigmoniteringstelsels.
Multi-sektorale betrokkenheid
Regtehouers in die KZN-garnaal-treilvissery word nie daarvan uitgesluit om regte in enige ander vissery in die Groep A-en Groep B-visserye te hou nie. Regtehouers in die KZN garnaal treilvissery (asook hul beherende aandeelhouers en van hul uitvoerende bestuurspan) sal nie toegelaat word om kommersiële visvangregte in die Groep C-en Groep D-visserye te hou nie. Vaartuie wat in die KZN garnaal treilvissery gebruik word, mag nie in ander sektore gebruik word nie.
Landingsplekke
Die Suid-Afrikaanse hawens van Durban en/of Richardsbaai moet gebruik word om vangste te ontskeep. Geen ander hawens mag gebruik word nie.
Aansoekgelde en heffings
Mariene hulpbronne is hernieubare hulpbronne en die gebruiker-betaal beginsel sal toegepas word. Aansoekfooie vir die KZN garnaal treilvissery sal vasgestel word met inagneming van die volgende :
Die koste van die hele regtetoekenningsproses, met inbegrip van konsultasie, ontvangs, evaluering van aansoeke, verifikasie, appèlle en hersienings. In hierdie verband sal die koste aangegaan gedurende die mediumtermyn-proses as riglyn dien; en
Die waarde van die vis wat toegeken word oor die duur van die reg.
Die jaarlikse heffings wat betaalbaar is vanaf 1 Januarie 2006, sal na oorlegpleging met die geaffekteerde en belanghebbende partye hersien word.
Die bestuursmaatreëls wat hieronder bespreek word is sommige van die Departement se hoofvoornemens vir die bestuur van hierdie vissery nadat regte toegeken is.
Ekosisteembenadering tot bestuur van vissery
Hierdie vissery sal bestuur word ooreenkomstig die ekosisteembenadering tot visserye (EBV). 'n Ekosisteembenadering tot die vissery is 'n holistiese en geïntegreerde beleid wat erkenning gee daaraan dat visvang en verwante aktiwiteite die breë mariene omgewing kan beïnvloed. Hierdie deel van die beleid vir die KZN garnaal treilvissery probeer nie om 'n beleidsverklaring oor EBV in die KZN garnaal treilvissery te voorsien nie. Die EBV in die KZN garnaal treilvissery sal verder breedvoerig in die handboek vir Algemene Visvangbestuur vir die KZN garnaal treilvissery uiteengesit word. Suid-Afrika bly verbind tot die teikendatum van 2010 vir die inwerkingstelling van 'n EBV in die kommersiële vissery.
Byvangste
Byvangste in KZN garnaal treilvissery is die onderwerp van verskeie navorsingsprojekte wat gefokus het op die kwantifisering van byvangstespesies; die uitwerking op lynvisspesies en op ekosisteme; die uitwerking van uitsluitertoestelle op die hoeveelheid byvangste; en die impak van 'n geslote visvangseisoen in die aanlandige vissery. Alle byvangstespesies wat behou word (waarmee nie weggedoen word nie) moet deur die skeepskapteins verklaar word. Geen gespikkelde knorhaan ("Spotted Grunter")(Pomadasys commersonii) wat deur die KZN garnaal treilvissery gevang word, mag verkoop word nie. Sektor-spesifieke regulasies met betrekking tot verwerpte byvangste sal na die afloop van die navorsingsprojekte ingestel word.
Vaartuie
Agt vaartuie is tans gemagtig om in hierdie sektor vis te vang. Die huidige TOV (in terme van vaartuie en deelnemers) word al vir 'n dekade behou. Daar word slegs 50 tot 60 persent van die beskikbare poging in KZN uitgeoefen; die res bly latent. Van die vaartuie vang vir die grootste deel van die jaar vis in Mosambiek. Nie meer as agt vaartuie sal toegelaat word om in hierdie sektor deel te neem nie.
Nasionaliteit van die vangs
Vis wat in Mosambiek gevang is, mag by Durban of Richardsbaai ontskeep word, maar dit moet vergesel word van dokumentasie wat die volgende verklaar: die oorsprong, die koördinate van die posisies waar vis gevang is, die visvangpoging wat tydens die vangs gebruik is en die hoeveelhede wat aan wal gebring is.
Die beginsel van voorkoming en volhoubaarheid
Hierdie is 'n gespesialiseerde vissery wat slegs toeganklik is vir plaaslike kommersiële visvang. Die vissery is klein in vergelyking met ander visvangbedrywe en geen betroubare voorraadmeting van die teikenspesies is nog uitgevoer nie. Die KZN treilvisvanggebiede is klein en sal waarskynlik nie uitbrei nie. 'n Voorsigtige benadering tot die bestuur van visvangpoging in die vissery sal gevolg word totdat bevredigende meting van die bron en die ekologiese uitwerking van visvang onderneem is.
Die Departement erken dat die wisseling en onvoorspelbaarheid van die bron die winsgewendheid van die vissery beperk. Die prestasie van die vissery sal noukeurig gemonitor word en die doelwit is om dit doeltreffend en volhoubaar te bestuur.
Meet van prestasie
Die Departement sal formele prestasiemeting onderneem vir die volle tydperk van die kommersiële regte. Dit word voorsien dat die eerste stel metings sal plaasvind binne twee jaar na die toekenning van die regte en daarna elke drie jaar.
Alhoewel die Departement eers die presiese maatstawwe vir die meting van prestasie met regtehouers sal finaliseer na oorlegpleging met regtehouers, mag die volgende breë prestasieverwante maatstawwe gebruik word:
transformasie;
nakoming van die toepaslike wette en regulasies.
volhoubare benutting, en in besonder, die ekologiese uitwerking van treilvissery;
belegging in vaartuie en toerusting;
Waarnemersprogram
Die Departement se huidige waarnemersprogram sal uitgebrei word om ook wetsnakoming in te sluit. Verder sal die Departement ook die waarnemers-en moniteringsdekking in hierdie bedryf toenemend vermeerder. Daar sal van regtehouers verwag word om die koste van die waarnemers-en moniteringsprogram te dek.
Permitvoorwaardes
Permit voorwaardes vir hierdie bedryf sal jaarliks uitgereik word. Die permit voorwaardes wat van toepassing is op die bedryf vir die 2005 seisoen word aangeheg as Bylae A. Belanghebbendes en geaffekteerde partye word genooi om kommentaar te lewer op hierdie permit voorwaardes.
